• Home
  • About
    • About Us
    • Your Team
    • MANGO-OMC Credentials Deck
  • Services
    • Strategy
    • Strategic Execution
    • Media Relations
    • Media Training
    • Digital and Content Marketing
    • Social Media Strategy and Execution
    • Event PR and Strategy
    • Reputation Management and Crisis Communications
  • Case Studies
  • Blog
    • Client news
    • Industry news
    • Mango news
    • The Incredible Journey of a PR Intern
  • Contact Us
  • Home
  • About
    • About Us
    • Your Team
    • MANGO-OMC Credentials Deck
  • Services
    • Strategy
    • Strategic Execution
    • Media Relations
    • Media Training
    • Digital and Content Marketing
    • Social Media Strategy and Execution
    • Event PR and Strategy
    • Reputation Management and Crisis Communications
  • Case Studies
  • Blog
    • Client news
    • Industry news
    • Mango news
    • The Incredible Journey of a PR Intern
  • Contact Us
  • Home
  • About
    • About Us
    • Your Team
    • MANGO-OMC Credentials Deck
  • Services
    • Strategy
    • Strategic Execution
    • Media Relations
    • Media Training
    • Digital and Content Marketing
    • Social Media Strategy and Execution
    • Event PR and Strategy
    • Reputation Management and Crisis Communications
  • Case Studies
  • Blog
    • Client news
    • Industry news
    • Mango news
    • The Incredible Journey of a PR Intern
  • Contact Us
  • Home
  • About
    • About Us
    • Your Team
    • MANGO-OMC Credentials Deck
  • Services
    • Strategy
    • Strategic Execution
    • Media Relations
    • Media Training
    • Digital and Content Marketing
    • Social Media Strategy and Execution
    • Event PR and Strategy
    • Reputation Management and Crisis Communications
  • Case Studies
  • Blog
    • Client news
    • Industry news
    • Mango news
    • The Incredible Journey of a PR Intern
  • Contact Us
Blog
Home Client news BORSKANKER SONDER DIE KNOPPIE: IS DIT GEVAARLIKER?
In:Client news

BORSKANKER SONDER DIE KNOPPIE: IS DIT GEVAARLIKER?

Mango September 5, 2017 0
Van die gevaarlikste borskankers vorm nie ’n voelbare knop nie. En dikwels is duidelik voelbare knoppe nie borskanker nie. Al is jou borskankerspesialis die beste persoon om jou knoppie te diagnoseer, is dit interessant en veral gerusstellend om self die knoppe in ons borste te verken. Hier is ’n kitsoorsig van die 13 algemeenste borskankers. Plus hoe elkeen voel, hoe ernstig dit is en wat jy kan verwag.

As voorsorg vir borskanker voel jy elke maand jou borste getrou en voorbeeldig. Daarom slaan jy jou mammagram met ’n geruste hart oor. En so gebeur dit dat twee, drie, vier jaar verbygaan voor jy weer vir ’n mammogram gaan. En daar is jy positief. Het jy die knop gemis?

Nee, sê prof. Justus Apffelstaedt, Kaapse borskankerchirurg. “Daar was baie moontlik nie ’n knop om te voel nie.

“Sekere kankers – waarvan party uiters gevaarlik is – kan jy net op ’n mammogram optel. Dit is ’n gevaarlike wanopvatting dat borskanker noodwendig met ’n knop geassosieer word – en dus ’n ewe riskante wanopvatting dat ’n handondersoek voldoende is as sifting vir borskanker. Daar is geen plaasvervanger vir ’n jaarlikse mammogram of sonar vanaf veertig nie. Dit is by verre die akkuraatste manier om borskanker op te spoor.

“As kanker vroeg ontdek word, is jou kans om jou bors te behou meer as 90%, en jou kans om nog twintig jaar gesond te wees ook meer as 90%.”

Maar moet nogtans nie ophou met jou maandelikse borsondersoek nie. Elke maand vroeër wat ’n knop opgespoor word, is ’n maand gewen teen borskanker.

Lees hier hoe die soorte knoppe verskil. As enigiets jou selfs net ’n bietje pla, laat jou dokter of kliniek deeglik daarna kyk.

 

Borskanker sonder knoppies … wat jy nié voel nie

Dit is juis oor party van hierdie soorte kankers waaroor ons vals gerus voel as ons geen knoppies voel nie. As jy egter benoud is oor ’n knoppie wat jy reeds kan voel, kan jy hier verder lees.

 

Mikrokalsifikasie (verkalkings)

• Hoe voel mikrokalsifikasie?

Jy voel werklik niks  nie. Dit wys net op ’n mammogram of sonar.

• Is mikrokalsifikasie gevaarlik?

Kalsifiserings – of neerslae van kalk in die borsweefsel – is baie algemeen by ouer vroue. Dokters is egter op hul hoede vir bepaalde soorte mikrokalsifikasies, want dit kom voor waar selle vinnig verdeel, soos in ’n nuwe of moeilik voelbare gewas.

• Wat is mikrokalsifikasie?

Daar is baie redes vir mikrokalsifikasies en die meeste daarvan is onskuldig. Dokters kan aan die vorm, grootte, verspreiding en patroon van die mikrokalsifikasies aflei of die kalsifikasies dalk kanker kan wees.

• Hoe word mikrokalsifikasie behandel?

Die meeste is goedaardig maar bepaalde soorte het ’n hoë risiko om kankeragtig te wees. Die dokter bevestig die diagnose met ’n lokale biopsie. As daar nie ’n gewas is nie, sal jy gereeld opgevolg word om seker te maak alles bly reg.

As daar ’n gewas is … is jy gelukkig, want dis vroeg opgespoor en jou kanse op volkome herstel is rooskleurig. Maar chemo, herseptien, hormoonbehandeling, bestraling en/of chirurgie kan nodig wees.

 

Makrokalsifikasie

• Hoe voel makrokalsifikasies?

Jy kan niks voel nie. Dit word gewoonlik met ’n mammogram of sonar opgetel.

• Is makrokalsifikasie gevaarlik?

Dit is nie ernstig nie.

• Wat is makrokalsifikasies?

Dit is ’n ANDI (aberrations of normal development and involution), wat beteken dit is maar net normale weefsel waarin daar verkalkings is.

• Hoe word makrokalsifikasie behandel?

Behandeling is onnodig, buiten dat jy gereeld ’n borsondersoek moet doen.

 

Paget se Siekte

• Hoe voel Paget se Siekte?

Daar is nie ’n knop nie. Dit lyk en voel eerder soos ekseem. Dit begin met ’n rooi skilferigheid om die tepel wat oor ’n jaar of twee vererger tot dit aanmekaar brand en jeuk. Omdat die simptome aanvanklik niks meer as ligweg irriterend is nie, kom vroue ongelukkig baie laat by die dokter uit.

• Is Paget se Siekte gevaarlik?

Dis ’n vroeë vorm van borskanker, maar dis geneesbaar. Jy sal moet vasbyt, want jy kan ’n mastektomie verwag. Tepels met simptome moet dadelik aandag kry, want genesing hang af van hoe vroeg die kanker opgespoor is.

• Wat is Paget se Siekte?

Dit is een van die skaarser borskankers – net een uit elke honderd borskankers word as Paget se Siekte geklassifiseer.

• Hoe word Paget se Siekte behandel?

Jou dokter gaan aggressief wees. As daar “ekseem” van die tepel is, neem hy ’n biopsie daarvan vir diagnose. Dan volg ’n mammogram om te kyk of daar ’n gewas dieper in die bors is. Daarna volg ’n mastektomie, wat dié kanker genees. Jy is meestal darem chemo- en radioterapie gespaar.

 

Inflammatoriese borskanker (IBC)

• Hoe voel inflammatoriese borskanker?

Al is ’n knop hier ook nie ter sprake nie, sal jy dit aan die bors voel: die hele bors voel eerder warm, seer en “swaar” en is rooi en opgeswel. Dit ontwikkel vinnig, oor enkele maande eerder as oor jare.

• Is inflammatoriese borskanker gevaarlik?

Dit is erg, maar hou moed. Met die nuwe chemoterapieë oorleef tot een uit elke twee mense vyf jaar en langer. Dit is nie ’n maklike paadjie nie: wees goed vir jouself. Hou jou kop op die regte plek. Jou gesindheid gaan ’n groot verskil maak aan jou gesondheid en lewensgehalte.

• Wat is inflammatoriese borskanker?

Dit is ’n skaars soort kanker wat vinnig na die limfvate van die bors versprei.

• Hoe word inflammatoriese borskanker behandel?

Dit is ’n aggressiewe kanker en hoe vroeër dit behandel word, hoe beter. Jou dokter sal dadelik met chemoterapie begin om kankerselle wat dalk reeds deur die liggaam versprei het, uit te wis. Daarna volg ’n volledige mastektomie om die borsweefsel te verwyder en dan radioterapie om agterblywende kankerselle te vernietig. Soms volg nog ’n kursus hormonale kankerterapie.

 

Lobulêre neoplasie (ook LCIS genoem)

• Hoe voel lobulêre neoplasie?

Jy sal dit nie voel nie. Dit word meestal net toevallig opgespoor met ’n mammagram of sonar. Hierdie soort ontwikkel by jonger vroue, wat juis nie vir jaarlikse mammogramme gaan nie.

• Is lobulêre neoplasie gevaarlik?

Nie regtig nie of altans nie onmiddellik nie. Dit beteken wel dat jou risiko op borskanker in die volgende twintig jaar hoër is.

• Wat is lobulêre neoplasie?

Dit word nie as ’n borskanker beskou nie maar eerder as ’n weefselafwyking gesien wat ’n potensiële voorspeller van kanker is. Dit verhoog jou risiko op borskanker 30-50%.

• Hoe word lobulêre neoplasie behandel?

Aangesien hierdie neoplasia ’n hoë risiko van borskanker inhou, sal jy jaarlikse digitale mammografie en ultraklank moet odergaan.

Met die eerste tekens dat die neoplasie in kanker verander sal jou dokter besluit wat die beste is, met in ag neming van jou familiegeskiedenis. Chemo, herseptien, hormoonbehandeling en/of bestraling kan nodig wees maar vir party vroue word slegs ’n mastektomie gedoen.

Neoplasies kan hormoonsensitief wees, en dus moet vroue met neoplasies ook liewer hormoonbehandeling soos die Pil en HVT vermy, want dit kan die kanker “aanskakel” … en onthou “natuurlike” kruie-estrogeen en plant-ekstrakte is net so onveilig.

 

Skleroserende adenose

• Hoe voel skleroserende adenose?

Jy kan niks voel nie. Dit word gewoonlik net met ’n mammagram of sonar opgetel.

• Is skleroserende adenose gevaarlik?

Dit is nie ernstig nie. Maar volg dit elke jaar op.

• Wat is skleroserende adenose?

Dit is ook ’n ANDI – baie soos makrokalsifikasies in die vorige seksie.

• Hoe word skleroserende adenose behandel?

Net soos met makrokalsifikasie moet jy van nou af jou maandelikse borsondersoek gereeld doen en elke jaar vir ’n mammogram gaan. Maak ook seker dat jy ’n basismammogram het wat veilig bewaar is, vir latere verwysing.

 

Atipiese duktale hiperplasie

• Hoe voel ’n atipiese duktale hiperplasie?

’n Maandelikse borsondersoek kan ook hierdie kanker nie opspoor nie. Jy voel dus niks nie. Die letsel word gewoonlik deur ’n mammogram of sonar opgetel.

• Is atipiese duktale hiperplasie gevaarlik?

Jy kan ontspan … vir eers. Hierdie diagnose beteken jou kanse op kanker is beslis verhoog maar gelukkig is dit nie nou kanker nie.

• Wat is atipiese duktale hiperplasie?

Dit dui daarop dat abnormale selle in die melkbuise vorm. Dit is nie streng gesproke ’n kanker nie maar jou kanse op borskanker is baie groot.

• Hoe word atipiese duktale hiperplasie behandel?

Atipiese duktale hiperplasie moet chirurgies volledig verwyder word, want in een uit vier gevalle is daar reeds borskanker aanwesig. As daar geen borskanker is nie, sal jy baie noukeurig opgevolg moet word met jaarlikse mammogramme en borssonars.

 

Die soorte borskankers wat ’n voelbare knop maak

As jy dalk ’n knoppie voel, vra jouself die volgende. Dit sal jou en jou dokter help met die diagnose.

  • Presies waar sit hy? In watter posisie moet jou arm wees of moet jy sit of lê om dit die duidelikste te voel?
  • Hoe groot is dit?
  • Is dit hard, sag, jellieagtig, of dalk eerder soos ’n verdikking?
  • Is dit seer?
  • Is dit beweeglik? Sit dit vas, asof dit geanker is?

Knoppies kan een van die volgende wees:

 

Fibroadenoom

• Hoe voel ’n fibroadenoom?

Die knop is 1 – 2 cm en soms tot 5 cm groot. Dit is hard, rubberagtig, selde seer en is tipies beweeglik. Dit word soms ’n “borsmuis” genoem omdat dit so beweeglik is.

• Is fibroadenome gevaarlik?

Nee, jy kan maar ontspan.

• Wat is ’n fibro-adenoom?

Dit is ’n vergroeiing van die melkbuise, melkkliere en vetweefsel. Fibroadenome is die algemeenste soort knop in die bors en is goedaardig. Dit ontwikkel dikwels by vroue in hul laat tiener- en vroeë twintigerjare.

• Hoe word ’n fibro-adenoom behandel?

Veiligheidshalwe bevestig die dokter sy diagnose met ’n ultraklank, gevolg deur ’n naaldbiopsie om onder die mikroskoop te kyk of die weefsel kankeragtig is. Fibro-adenome word slegs verwyder, as hulle groei, groter as 3 cm is of seer is.

 

Borshematoom

• Hoe voel ’n hematoom?

Die knop is groot, sag en soms pynlik.

• Is borshematome gevaarlik?

Glad nie.

• Wat is ’n borshematoom?

’n Hematoom is ’n kneusing in die bors. Dit ontstaan meestal ná ’n besering of harde stamp teen die bors, wat na so twee weke vanself verdwyn.

• Hoe word ’n borshematoom behandel?

As die knop langer as twee weke bly sal jou dokter jou vir toepaslike beeldingsondersoeke stuur. Beeldings onderskei duidelik tussen ’n hematoom en ander soorte kankergewasse. As dit ’n hematoom is, is niks verder nodig nie. As dit anders of vreemd lyk sal ‘n naaldbiopsie uitgevoer word.

 

Vetnekrose

• Hoe voel ’n vetnekrose?

Jy voel ’n ronde, ferm knop. Hoewel sommige nekroses seer is, is dit meestal ’n pynlose borsknop.

• Is ’n vetnekrose gevaarlik?

Nee, glad nie.

• Wat is ’n vetnekrose?

Vetnekroses ontwikkel ná trauma aan die bors soos ná ’n harde stamp, of chirurgie soos ’n borsverkleining. Vroue met diabetes kry meer dikwels vetnekroses.

• Hoe word ’n vetnekrose behandel?

Jou dokter sal jou vir mammografie en/of borssonar stuur. Omdat vetnekroses op ’n mammogram en sonar net soos borskanker kan lyk, sal hy waarskynlik ’n fynnaaldaspirasie doen, net om seker te maak.

 

Filloïedestumor

• Hoe voel ’n filloïedestumor?

Jy voel ’n ferm, beweeglike knop wat binne weke of maande merkbaar vergroot. Dit is nie seer nie.

• Is ’n filloïedestumor gevaarlik?

Dié een verg vasbyt, want hy is soos die kat met nege lewens: hy kom weer. Nogtans is die vooruitsigte op ’n normale lewe vir nege uit tien vroue daarmee eintlik heel goed.

• Wat is ’n filloïedestumor?

Dit is ’n groeisel van die bindweefsel van die bors. Filloïedestumors bestaan in ’n wye verskeindenheid van kwaadaardige weefsels. By rondom 60% van vroue is hulle goedaardig, al hervat dit na verwydering. Aan die ander kant is daar filloïedestumors wat baie vinning herhaal na verwydering en ook vining uitsaai na ander organe.

• Hoe word ’n filloïedestumor behandel?

Filloïedestumors word chirurgies verwyder, maar hulle neig om weer te groei presies waar hulle verwyder is. As die tumor herhaal, word ’n mastektomie gedoen. Jou dokter sal jou baie gereeld opvolg om seker te maak dat die kanker nie uitsaai nie.

 

’n Sist

• Hoe voel ’n sist in die bors?

Dit kan soos ’n druiwekorrel voel – ferm maar asof jy dit kan plat druk. Die rand is gewoonlik egalig, asof jy die rand van ’n sak voel. ’n Sist is duidelik voelbaar en dikwels pynlik. Vir baie vroue is dit meer pynlik rondom menstruasie. Een uit elke twintig vroue tussen 35 en 50 kry siste, soms ’n hele paar op een slag.

• Is ’n borssist gevaarlik?

Al is dit seer, kan jy maar ontspan: siste in die bors is selde gevaarlik.

• Wat is ’n sist in die bors?

Dit is ’n sakkie met vloeistof, wat om onbekende redes vorm.

• Hoe word borssiste behandel?

Die dokter maak met ultraklank seker dit is werklik net ’n sakkie met vloeistof sonder kankeragtige weefsel. Hy kan ook ’n naaldaspirasie doen om die sist te dreineer en die pyn te verlig. As die sist bloed bevat of as dit binne drie maande groter word, word dit verwyder omdat daar ’n klein risiko is dat die sistwand kankeragtig kan wees.

 

Ongedefinieerde weefselmassa

• Hoe voel ’n ongedefinieerde weefselmassa?

Jy voel ’n sagte verdikking.

• Is weefselmassas gevaarlik?

Nee, meestal nie.

• Wat is hierdie weefselmassa?

Dit is areas waar die borsweefsel digter is. Dit hou met jou hormone verband, en is dus nie ’n kanker nie.

• Hoe word so ’n ongedefinieerde weefselmassa behandel?

Meestal is behandeling onnodig maar die dokter sal waarskynlik sy diagnose met ’n biopsie bevestig.

 

Duktale karsinoom in situ (DCIS)

• Hoe voel DCIS?

Dit voel soos ’n los, nie-pynlike knop met ’n onegalige rand. As jy gereeld vir ’n mammogram gaan, sal die DCIS vroeg as mikrokalsifikasies opwys, lank voor jy dit voel.

• Is DCIS gevaarlik?

Ja, die meeste van die DCIS ontwikkel verder tot infiltrerende kankers – tensy hulle vroegtyding behandel word.

• Wat is DCIS?

DCIS is ’n vroeë stadium van borskanker. Dit het geen moontlikheid om te versprei nie.

• Hoe word DCIS behandel?

Chirurgiese verwydering van die DCIS is gewoonlik genoeg om jou volkome te gnees. Meestal word net die aangetaste weefsel self verwyder maar soms is dit nodig om die hele bors te verwyder. Bestraling kan bygevoeg word.

 

 

Client: Apffelstaedt & Associates

Coverage received in Rooi Rose

Read the original article here

Last Chance To Get Reviews In For Eat Out’s Everyday EateriesAugust 31, 2017
Tailored medical distribution software launchedSeptember 7, 2017

Related Posts

In:Client news

Last Chance To Get Reviews In For Eat Out’s Everyday Eateries

August 31, 2017
In:Client news

Last Chance To Get Reviews In For Eat Out’s Everyday Eateries

August 31, 2017

It’s the final push to encourage your patrons to review your restaurant on Eat Out! There’s just a week or so left for the...

In:Client news

CAREERS 24 LAUNCHES COMPANY REVIEWS FEATURE TO BOOST EMPLOYER/EMPLOYEE RELATIONS

July 20, 2016
In:Client news

CAREERS 24 LAUNCHES COMPANY REVIEWS FEATURE TO BOOST EMPLOYER/EMPLOYEE RELATIONS

July 20, 2016

Leading online job platform Careers24 introduced a company review feature recently which allows employees to give anonymous...

In:Client news

The SpaceStation’s News24 wins prestigious publisher award

March 28, 2017
In:Client news

The SpaceStation’s News24 wins prestigious publisher award

March 28, 2017

24.com’s digital news platform, News24, one of the platforms proudly represented by The SpaceStation, was recognised as...

In:Client news

Leadership – The importance of being present

June 7, 2017
In:Client news

Leadership – The importance of being present

June 7, 2017

We see leaders all around us: we see them in businesses, parliament, communities, and even in social settings. We see them...

In:Client news

Renowned surgeon performs cranial remodeling on one-year-old

October 16, 2015
In:Client news

Renowned surgeon performs cranial remodeling on one-year-old

October 16, 2015

Professor Frank Graewe is well known for his work on the renowned, successful penile surgery that was performed earlier this...

In:Client news

Online video news 101

March 12, 2015
In:Client news

Online video news 101

March 12, 2015

Dan Calderwood, head of video for News24 discusses online video news – what works, what does not and what the future holds....

In:Client news

DOES VITAMIN D ENHANCE THE SURVIVAL RATE OF BREAST CANCER PATIENTS ?

September 7, 2016
In:Client news

DOES VITAMIN D ENHANCE THE SURVIVAL RATE OF BREAST CANCER PATIENTS ?

September 7, 2016

There have been several studies into the link between breast cancer survival and the ‘sunshine vitamin’ (vitamin D). Although...

In:Client news

CAREERS 24 SUPPORTS SECOND FUTURE OF HR SUMMIT AND AWARDS

July 7, 2016
In:Client news

CAREERS 24 SUPPORTS SECOND FUTURE OF HR SUMMIT AND AWARDS

July 7, 2016

Following the success of the first Future of HR Summit and Awards hosted in 2015, leading online career portal, Careers24, has...

In:Client news

BREAKTHROUGH CRANIOFACIAL SURGERY: ROUND 2

April 19, 2016
In:Client news

BREAKTHROUGH CRANIOFACIAL SURGERY: ROUND 2

April 19, 2016

Almost a year after undergoing life-changing operations for serious skull defects, two young girls returned to South Africa...

In:Client news

Is there a difference between male and female leaders?

August 10, 2023
In:Client news

Is there a difference between male and female leaders?

August 10, 2023

Harry Welby-Cooke, joint Master Licensee and Country Partner of ActionCOACH SA had this fascinating interview with Voice of...

Leave a Reply Cancel reply

You must be logged in to post a comment.

Recent Posts
  • Is there a difference between male and female leaders?
  • The link between breast and mental health
  • New tourism group at IPRN: Specialised offer for international travel companies and destinations
  • SuperbCrew Q&A with Nicole about the MANGO-OMC model
  • Paralympian – Mpumelelo Mhlongo – speaks about clubfoot
Categories
  • Case Study 11
  • Client news 243
  • Industry news 10
  • Mango news 15
  • The Incredible Journey of a PR Intern 47
  • Uncategorized 5

MANGO OMC

MANGO-OMC was founded in 2005 with the aim of creating beneficial relationships with both our clients and the media; delivering provable and relevant ROI and results on every project.

Connect

Facebook

Instagram

Twitter

Linked In

Email

Navigation

About

Services

Case Studies

Privacy Policy

Get in Touch

Let’s talk and see how we can work together.

Loading

© 2020 MANGO-OMC ALL RIGHTS RESERVED.
SITE BY TWYNE